Kanaloa is in die Hawaise godsdiens een van die hoofgode. Die ander drie is Ku, Kāne en Lono. Kanaloa is 'n manlike god en sy simbole is 'n pylinkvis en seekat. Hy word gewoonlik met Kāne verbind. Dit is ook 'n alternatiewe naam vir die eiland Kahoolawe.

Beskrywing In legendes en liedjies word Kāne en Kanaloa uitgebeeld as komplementêre kragte. Waar Kāne byvoorbeeld aangeroep word tydens die bou van 'n kano, word Kanaloa aangeroep terwyl die kano op die water vaar. Net so regeer Kāne die noordelike hoek van die sonnebaan en Kanaloa die suidelike hoek; Kanaloa is "die onderbewuste van Kāne se bewuste". Op dié manier verteenwoordig hulle 'n goddelike dualiteit van wilde en temmende kragte, soos die jin en jang van Taoïsme.

Kanaloa word ook tradisioneel uitgebeeld as 'n seegod, vandaar sy verbintenis met seemanskap en Koppotiges.Beckwith Verder word hy beskou as 'n god van die onderwêreld en 'n onderwyser van magie. Volgens legendes het hy die leier geword van die eerste groep geeste wat deur die gode "uitgespoeg" is. Ná 'n tyd het hy hulle aangevoer in 'n rebellie, waarin die geeste deur die gode verslaan is en as straf na die onderwêreld verban is.

Sien ook Tangaroa, die Maori's se god van die see.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Polinesiese mitologie