Kane of Kāne is in die Hawaise godsdiens die hoogste van die vier hoofgode. Die ander drie is Ku, Kanaloa en Lono. Kāne word egter die nouste met Kanaloa verbind.Bluecoast.org http://www.bluecoast.org/nonprofit/kanaloa/k47.html Hy is die god van voortplanting en word aanbid as 'n voorouer van hoofde en gewone mense. Kāne is die skeppergod en skenk die lewe, wat verbind word met die dagbreek, son en lug. Geen menslike offerandes is nodig om hom te aanbid nie.
Beskrywing Kāne is 'n manlike god en word gewoonlik met Kanaloa verbind. In legendes en liedjies word Kāne en Kanaloa uitgebeeld as komplementêre kragte. Waar Kāne byvoorbeeld aangeroep word tydens die bou van 'n kano, word Kanaloa aangeroep terwyl die kano op die water vaar. Net so regeer Kāne die noordelike hoek van die sonnebaan en Kanaloa die suidelike hoek; Kanaloa is "die onderbewuste van Kāne se bewuste". Op dié manier verteenwoordig hulle 'n goddelike dualiteit van wilde en temmende kragte, soos die jin en jang van Taoïsme.
Skeppingsverhaal In die begin was daar niks buiten Po, die eindelose swart chaos, nie. Kāne, wat aangevoel het hy is apart van Po, het hom deur blote wilskrag vrygemaak van Po. Toe Lono en daarna Kū ook aanvoel Kāne is vry, het hulle hulle ook van Po vrygemaak. Kāne het toe die lig geskep om Po terug te dryf. Lono het klank na die heelal gebring en Kū substansie. Tussen hulle het hulle al die minder belangrike gode geskep. Daarna het hulle die Menehune, of minder belangrike geeste, geskep as hulle boodskappers en diensknegte. Toe het hulle klei uit die vier hoeke van die wêreld geneem en 'n man daaruit gevorm. Die drie gode het lewe in die beeld geblaas en die eerste man geskep. Die eerste man is in die beeld van Kāne geskep.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Polinesiese mitologie