Kamehameha I (Kalani Paiea Wohi o Kaleikini Kealiikui Kamehameha o Iolani i Kaiwikapu kaui Ka Liholiho Kūnuiākea; omstreeks 1758 - 8 of 14 Mei 1819), ook bekend as Kamehameha die Grote,Dizionario biografico universale, Volume 5, deur Felice Scifoni, Davide Passagli, Florence (1849); bl. 249. was die stigter en eerste heerser van die Koninkryk Hawaii.

Vroeë jare Kamehameha (by geboorte bekend as Paiea), is gebore vir Kekuʻiapoiwa II, die niggie van Alapainui, die troonrower van die eiland Hawaii wat die twee wettige erfgename van Keaweʻīkekahialiʻiokamoku tydens 'n burgeroorlog vermoor het. Sy vader word aangegee as Keōua Kalanikupuapa'ikalaninui, maar die Hawaise historikus Samuel Kamakau sê die Maui-monarg Kahekili II het Kamehameha by geboorte aangeneem, soos wat destyds die gebruik was. Kamakau glo dit is hoekom Kahekili II dikwels Kamehameha se vader genoem word.

Koning Kalakaua het geskryf dié gerugte is skandalig en die gevolg van jaloesie van later jare. Ongeag die gerugte, was Kamehameha 'n afstammeling van Keawe deur sy moeder, Kekuʻiapoiwa II; Keōua het hom as sy seun erken en hy word as sulks deur al die monarge en die meeste genealoë erken. Dit is onseker wanneer hy gebore is.

Bewind Nadat Kamehameha aan die bewind gekom het, het hy die eilande van Hawaii verenig as die Koninkryk Hawaii. As heerser het hy stappe geneem om te verseker dat die eilande ná sy dood 'n verenigde ryk bly. Hy het belasting gebruik om handel met Europa en die VSA te bevorder. Hy het baie vroue en kinders gehad, maar het sowat die helfte van hulle oorleef.

Kamehameha is op 8 of 14 Mei 1819 oorlede.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hawaii Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika