Kingdoms of Fire, Ice & Fairy Tales is die tweede dokumentêre rolprent van Bonné de Bod en die rolprentmaker, Susan Scott. Drie magiese natuurkoninkryke, naamlik Yellowstone Nasionale Park in die VSA, die Swartwoud in Duitsland en die Noordpoolsirkel in Swede se Lapland. Die rolprent is by verskeie internasionale filmfeeste vertoon en het talle toekennings ontvang.
Ná hulle lang reis met Stroop (rolprent) het De Bod en Scott besluit om drie magiese wildernisse: Yellowstone Nasionale Park in die VSA, die Swartwoud in Duitsland en die Noordpoolsirkel in Swede se Lapland, te verfilm. Aanvanklik wou hulle dit in 'n televisiereeks van dertien episodes ontwikkel, maar as gevolg van die Covid-19 pandemie het hulle dit in 'n dokumentêre rolprent verwerk. Die film is gekies om by sewe internasionale filmfeeste vertoon te word en het al talle toekennings ingepalm.
Die bekende filmkritikus, Leon van Nierop, noem dat Kingdoms asembenewend is, maar dat dit die entoesiasme en respek is waarmee De Bod die natuur waarneem, wat die rolprent so merkwaardig maak. Verder sê hy ook dat die manier waarop sy altyd een word met die landskappe, die dryfkrag agter die rolprent is.
Verwysings
Eksterne skakels
Kingdoms of Fire, Ice & Fairy Tales op IMDB
Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente