duimnael|upright=1.2|Lorentzkrag wat werk op vinnigbewegende gelaaide deeltjies in 'n borrel-kamer. Positiewe en negatiewe ladingstrajekte krom in teenoorgestelde rigtings. Elektromagnetiese kragte het twee afsonderlike komponente – een wat voortspruit uit elektrostatiese krag, ook bekend as Coulomb se wet, en die ander as gevolg van magnetiese krag. Hierdie twee kragte kan gekombineer word om die Lorentzkrag te vorm.

Elektrostatiese krag Die formule vir elektrostatiese krag is:

waarin Fe die krag is wat die ladings op mekaar uitoefen, in SI uitgedruk in N (newton) of , q die ladings voorstel, in SI-eehede uitgedruk in C (coulomb) of As (ampere·sekonde), E die elektriese veldsterkte is, in SI-eenhede uitgedruk in V/m (volts per meter).

Magnetiese krag Die formule vir magnetiese krag is:

waarin FM die krag is wat die ladings op mekaar uitoefen, in SI uitgedruk in N (newton) of , q die elektriese lading van die deeltjie is, in SI-eehede uitgedruk in C (coulomb) of as (ampere-sekonde), v die snelheid van die deeltjie is, in SI uitgedruk in meter per sekonde, B die magnetiese sterkte is, in SI uitgedruk in T (tesla).

Lorentzkrag In fisika (veral in elektromagnetisme) is die Lorentzkrag 'n kombinasie van elektriese en magnetiese krag op 'n puntlading as gevolg van elektromagnetiese velde. 'n Deeltjie van lading q wat met snelheid v beweeg in die teenwoordigheid van 'n elektriese veld E en 'n magnetiese veld B ervaar 'n krag

waarin FL die Lorentzkrag is, in SI uitgedruk in N (newton) of .

Verwysings

Kategorie:Fisika Kategorie:Natuurwette