Die Debengeni-waterval is in die woudbedekte hange van Magoebaskloof, 13,7 km wes van Tzaneen in Limpopo, Suid-Afrika geleë. Die waterval, ongeveer 16 meter hoog, is 978 m bo seevlakMapstudio TouristGuide. Limpopo/Lowveld 2003 in die Politsirivier by die koördinate geleë.

Die area onder die Debengeni-waterval bied 'n ontspanningsarea in die natuur en braai- en ablusiefasiliteite is beskikbaar. Die hekke is daagliks tussen 07h00 en 18h00 oop vir besoekers.

Geografie Die land rondom die Debengeni-waterval is redelik bergagtig. Die hoogste punt in die gebied het 'n hoogte van 1 252 meter en is 1,0 km wes van die Debengeni-waterval. Daar woon ongeveer 75 mense per vk. kilometer rondom Debengeni-waterval wat dit relatief yl bevolk maak, aangesien dit 'n bosbouplantasie is. Die naaste groter dorp is Tzaneen, 13,7 km oos van Debengeni-waterval. Die gebied rondom Debengeni-waterval is dig bebos.

Verwysings

Kategorie:Limpopo Kategorie:Watervalle in Suid-Afrika