duimnael|regs|250px|Ingang na die Sepang Internasionale Renbaan in Maleisië. duimnael|regs|250px|Die Sepang Internasionale Renbaan.

Die Maleisiese Grand Prix was 'n gereelde jaarlikse Formule Eenmotorwedren in Sepang, Maleisië. Die finale wedren was op 1 Oktober 2017.

Geskiedenis Die wedren is op 17 Oktober 1999 vir die eerste keer by die Sepang Internasionale Renbaan gehou en is deur Eddie Irvine gewen, wat hom gehelp het met sy kampioenskapambisies, met sy Ferrari-spanmaat Michael Schumacher in die tweede plek. In 2000 het Michael Schumacher gewen, met Rubens Barrichello tweede. Dit was dieselfde geval in 2001, behalwe vir 'n kort reënbui wat die ren net na die wegspring getref het. In 2002 het Ralf Schumacher gewen en in 2003 het Kimi Räikkönen sy deurbraakoorwinning behaal.

In 2004 het Schumacher weereens gewen. Fernando Alonso het in 2005 gewen en in 2006 het Giancarlo Fisichella gewen met Alonso tweede. Alonso het sy eerste oorwinning vir die McLarenspan behaal in 2007 en in 2008 het Kimi Räikkönen weereens gewen.

Die rekordwenner in Maleisië is Sebastian Vettel met 4 oorwinnings.

Politiek Op 22 Januarie 2008 word aangekondig dat die baandirekteur Mokhzani Mahathir vanaf 2009 'n nagwedren op hierdie baan wil hou. Weens die hoë koste van goeie beligting kon hierdie plan egter nie voortgaan nie. Daar is eerder besluit om die wedren 'n bietjie later in die dag te hou. Die temperature is dan laer, en Europese TV-kykers kon die wedren regstreeks volg op 'n tyd wat vir hulle normaal is.

Die laaste byeenkoms van die Grand Prix is ​​in 2017 gehou. Volgens die Maleisiese regering was die wedren nie meer winsgewend nie. Max Verstappen het die laaste wedren gewen.

Voormalige wenners Jaar Renjaer Vervaardiger Plek 2018–tansSedert 2017 nie plaasgevind nie 2017 Max Verstappen Red Bull-TAG Heuer Sepang 2016 Daniel Ricciardo Red Bull-TAG Heuer 2015 Sebastian Vettel Ferrari 2014 Lewis Hamilton McLaren-Mercedes 2013 Sebastian Vettel Red Bull-Renault 2012 Fernando Alonso Ferrari 2011 Sebastian Vettel Red Bull-Renault 2010 Sebastian Vettel Red Bull-Renault 2009 Jenson Button Braun-Mercedes 2008 Kimi Räikkönen Ferrari 2007 Fernando Alonso McLaren-Mercedes 2006 Giancarlo Fisichella Renault 2005 Fernando Alonso Renault 2004 Michael Schumacher Ferrari 2003 Kimi Räikkönen McLaren-Mercedes 2002 Ralf Schumacher Williams-BMW 2001 Michael Schumacher Ferrari 2000 Michael Schumacher Ferrari 1999 Eddie Irvine Ferrari

Kategorie:Formule Een Grands Prix