duimnael|upright=1.25|Paviljoen van de Menselijke Driften, Brussel (1890–1897)
Victor Pierre Horta (; Victor, Baron Horta na 1932; 6 Januarie 1861 – 8 September 1947) was 'n Belgiese argitek en ontwerper, en een van die stigters van die Art Nouveau-beweging.Oudin, Bernard, Dictionnaire des Architectes, bl. 237 Sy Hôtel Tassel in Brussel, gebou in 1892–93, word dikwels beskou as die eerste Art Nouveau huis. Die vorme waarvan Horta gebruik gemaak het, het verskeie andere beïnvloed, insluitende die argitek Hector Guimard, wat dit gebruik het in die eerste huis wat hy in Parys ontwerp het en in die ingange wat hy ontwerp het vir die Paryse Metro.Fahr-Becker, Gabriele, L'Art Nouveau, bl. 398 Hy word ook beskou as 'n voorloper van moderne argitektuur as gevolg van sy oopvloer-planne en sy innoverende gebruik van glas, staal en yster.Oudin, Bernard, Dictionnaire des Architectes (1994), bl. 237
Horta se latere werke het wegbeweeg van Art Nouveau en meer geometries en formeel geword, met klassieke kenmerke soos kolomme. Hy het op vernuftige wyse gebruik gemaak van staalrame en dakvensters ten einde lig te voorsien aan sy strukture, oop-vloer planne en fyn ontwerpte dekoratiewe details. Sy latere bekende werke sluit die Maison du Peuple/Volkshuis (1895–1899) en die Brusselse Sentrum vir Vrye Kunste (1923–1929) en Central Station (1913–1952) in.
In 1932 ontvang Horta die titel van Baron vanaf Koning Albert I vir sy dienste in die veld van argitektuur. Vier van die gebou wat hy ontwerp het is aangewys as Wêrelderfenisgebiede.
Galery
Verwysings
Bronne
Bogaert C., Lanclus K. & Verbeeck M. met medewerking van Linters A. 1979: Inventaris van het cultuurbezit in België, Architectuur, Stad Gent, Bouwen door de eeuwen heen in Vlaanderen 4NB Z-W, Brussel – Gent
Eksterne skakels
UNESCO Wêreld Erfenisterreinlys inskrywing Victor Horta Horta Museum Cupola's Art Nouveau Architecture Gallery One op www.cupola.com art-nouveau-around-the-world.org Victor Horta Victor Horta on BALaT - Belgian Art Links and Tools (KIK-IRPA, Brussels)
Kategorie:Geboortes in 1861 Kategorie:Sterftes in 1947 Kategorie:Argitekte Kategorie:Vrymesselaars