thumb|180px|links|Die ontwerp van die steen. thumb|240px|'n Foto van die steen, 'n replika daarvan en die uitsig vanaf die Woodhouse-krans.

Die Swastikasteen is 'n klip met 'n ontwerp wat baie soos 'n swastika lyk en op die Woodhouse-krans aan die noordekant van Ilkley Moor in Wes-Yorkshire, Engeland, geleë is. Die ontwerp het 'n dubbele buitelyn met vier gekromde arms en 'n aangehegte S-vorm; elk omring 'n klein, ronde holte. Soortgelyke holtes word op ander klippe daarnaby aangetref.

Dit lyk baie soos die Rosa camuna-ontwerpe van Italië. Daar is 'n moontlikheid dat Kelte tydens die Romeinse besetting 'n paar honderd jaar v.C. deur die gebied beweeg het waar die Rosa camuna-ontwerpe geleë is, die swastikaontwerp as deel van hulle stamsimbolisme oorgeneem en dit op rotse uitgekrap het toe hulle in Ilkley gestasioneer was.

Verwysings

Skakels Die Swastikasteen

Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Argeologiese artefakte