Die Mopelispruit is 'n lang spruit wat in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika vloei. Dit is 'n regterhandse sytak van die Mohokare of Caledonrivier, met die spruit se monding op die Lesothogrens 14 km noordoos van Ladybrand.
Ontspring en roete Die spruit ontspring 'n hele ent noord van Clocolan by die koördinate , en vloei daarvan suidweswaarts deur die Mopelidam voor dit die R708-pad kruis oppad na Clocolan. Hiervan vloei dit direk suidwaarts tot by sy monding in die Mohokarerivier.
Kategorie:Riviere in Vrystaat