Die vleitee (Cyclopia subternata) is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Langeberg tot die Tsitsikammaberge voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 5 200 km² en alhoewel dit tans nog volop is, neem die populasie af weens die feit dat dit te veel versamel word deur tee handelaars. Die plant is deel van die fynbos en 'n beskermingsprogram is nodig om die plant te bewaar; dit spruit nie weer uit nadat die takke gepluk is nie.
Die boom se FSA-nommer is 224.4.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Cyclopia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika