Die naaldblaarheuningbostee (Cyclopia maculata) is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Bainskloof tot by Riversdale voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 11 226 km² en daar is tans vyftien subpopulasies bekend; daar is moontlik meer. Die plant is deel van die fynbos. Dit groei langs rivierstrome op die banke en word bedreig deur indringerplante, veral Acacia-spesies. Die spesie se getalle daal ook as gevolg van oorbewerking deur die heuningbostee produsente.
Die boom se FSA-nommer is 224.3.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Cyclopia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika