Cyclopia squamosa is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Wemmershoekberge voor. Die plant is seldsaam, die populasie bestaan uit slegs tien plante wat een-een voorkom. Die plant is deel van die fynbos en word verder bedreig deur indringerplante en onbeheerde brande.
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Cyclopia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika