Cyclopia pubescens is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom in Port Elizabeth voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 67 km² en het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan ontwikkeling, gewasverbouing en indringerplante. Daar is tans elf gefragmenteerde subpopulasies oor wat gemonitor word deur Custodians of Rare and Endangered Wildflowers, 'n vrywilligers groep. Sommige van die subpopulasies word bedreig deur vleirotte en selfs inwoners wat gras sny. Die plant is deel van die fynbos.
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Cyclopia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika