Lampranthus explanatus is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Redelinghuys tot by die Kaapse Skiereiland en die Agulhasvlakte voor waar dit deel van die fynbos is. Dit plant het 'n voorkomsgebied van 19 472 km². Die plant het 50% van sy habitat afgestaan aan kus en stedelike ontwikkeling, gewasverbouing en indringerplante. In die Sandveld is groot gedeeltes van die habitat omgeskakel na rooibostee en aartappellande.
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
explanatus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika