Bo-Karoo Opleiding (BKO) is 'n tegniese opleidingskollege in Orania. Bo-Karoo Opleiding gebruik 'n stelsel van "werk en leer" en Afrikaans as voertaal. Die kollege is in 2016 opgerig weens die groot vraag na bouers in Orania. Die studies rig veral op bou- en konstruksiepraktyke. Meer as 250 studente studeer tans by Bo-Karoo Opleiding.So skep Solidariteit 'n toekoms vir Afrikaanse onderwys, BKO, 13 Januarie 2025, geraadpleeg op 14 Augustus 2026.

Bo-Karoo Opleiding is, na Sol-Tech, die tweede tegniese opleidingskollege wat deel is van die Solidariteit Beweging.So skep Solidariteit 'n toekoms vir Afrikaanse onderwys, Maroela Media, 8 Oktober 2019, geraadpleeg op 23 Januari 2022.

Geskiedenis Die ontwikkeling van Bo-Karoo Opleiding is deur die Orania Ontwikkelingsmaatskappy met ondersteuning van die Solidariteit Beweging geïnisieer en is deur die CVO-Skool Orania opgerig. In 2014 het die bouwerk begin. Die bou van die opleidingsentrum het R4,3 miljoen gekos, waarby vrywilligers baie van die bouwerk gedoen het. Op 2 Mei 2016 was die bouwerk so ver voltooi dat Bo-Karoo Opleiding se eerste klas met vier messelaar-leerlinge begin het. Die opleidingsentrum is later die jaar voltooi en op 28 Oktober 2016 deur Dirk Hermann en Danie Brink ingewy. Moderne tegniese sentrum vir Orania CVO deurbraak vir ook tersiêre opleiding , Ditsem Nuus, bladsy 7, November 2016, geraadpleeg 23 Januarie 2022. Die kollege het afgeskop met kursusse vir messelaars, elektrisiëns en loodgieters.

Sedert 2021 bied Bo-Karoo Opleiding ook 'n kursus in tuisversoring aan. In 2022 is 'n opleiding in plaasbestuur begin.Bekwaam jouself as boer in Orania, Maroela Media, 27 Augustus 2021, geraadpleeg op 23 Januarie 2022.

In 2023 is 'n nuwe proefplaas in gebruik geneem[ BKO skep landboukennis op Orania, Maroela Media, 24 Oktober 2023, geraadpleeg op 13 Oktober 2024. en is nuwe werkswinkels gebou, wat in 2024 in gebruik geneem is.[ Bo-Karoo Opleiding verwag rekordgetal inskrywings, Maroela Media, 4 April 2024, geraadpleeg op 13 Oktober 2024.

Fasiliteite

Bo-Karoo Opleiding beskik oor verskillende fasiliteite. Die oorspronklike opleidingsentrum beskik oor 'n ouditorium, verskeie lesinglokale, 'n meganiese werkswinkel, 'n fisiesewetenskapklaskamer en 'n buite-werkswinkel. Bo-Karoo Opleiding deel hierdie opleidingsentrum met die CVO-Skool Orania. In die aand word die gebou ook gebruik deur ander organisasies van Orania, byvoorbeeld vir inligtingsessies deur die Orania Dorpskantoor.

In 2023 het BKO begin met die bou van 'n nuwe tegniese kampus met onder meer die werkswinkels vir elektries en loodgieter. Die kampus, BKO Technika, het in 2024 geopen en is geleë aan die Ysterklipstraat in Orania, direk langs die kampus van die CVO-skool. In 2026 is verdere uitbreidings van die kampus aangekondig. Die bou van drie nuwe geboue met nog werkswinkels, ses klaskamers en kantoorspasie moet voor die begin van die akademiese jaar van 2027 gereed wees. Orania Opleiding: Drie nuwe geboue, Orania Beweging, 10 Junie 2026, geraadpleeg op 14 Augustus 2026.

In 2026 is 'n 22 hektaar proefplaas vir BKO se landboudepartement gekoop, waarvan 7,5 ha onder besproeiing is. Bo-Karoo Opleiding groei volstoom, Solidariteit, Mei 2026, geraadpleeg op 14 Augustus 2026. Die proefplaas word in die komende jare ontwikkel tot BKO se landboukampus.

Koshuise Bo-Karoo Opleiding het verskillende koshuise, wat versprei is oor Orania. In 2017 is die kollege se eerste koshuis, Steenbok Herberg, geopen nadat dit deur die eerste studente self gebou is. Die koshuis word in 2027 opgedateer. In 2019 is die tweede koshuis Huis Die Duiker, voltooi.

In 2024 is Vaalbos Manskoshuis geopen en in 2026 is Strijder Manskoshuis gestig. Twee nuwe name, twee nuwe verhale, Koerania, 14 Augustus 2026, geraadpleeg op 14 Augustus 2026. Die huidige koshuise Vaalbos en Strijder is tydelik. Hierdie koshuise maak deel uit van die Olienhout-ontwikkeling in Orania, wat bedoel is as lae-inkomstebehuising. Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy en Bo-Karoo Opleiding beplan om hierdie koshuise te vervang met nuwe koshuise met meer as 600 beddens in Orania se nuwe stadskern.[ ORANIA: stadsplein, 600-bed koshuise, en honderde nuwe erwe, Orania Beweging, vanaf 23 minute en 05 sekondes, 11 September 2024, geraadpleeg op 13 Oktober 2024.

Daar is ook twee dagkoshuise: Heldehuis Daghuis vir mans (2024) en Fleur Daghuis vir dames (2026).

Studierigtings Bo-Karoo Opleiding bied opleiding in 'n aantal studierigtings. Die tegniese studierigtings duur oor die algemeen drie jaar, nie-tegniese studierigtings se duur is korter. Die kollege beplan om die studieaanbod verder uit te brei. Die studierigtings is verdeel oor drie departemente: Ambagte, Landbou en Gesondheid en Welstand.

Nasionale diplomas Boerderybestuur en meganisasie (Departement Landbou) Siviele ingenieurswese (Departement Ambagte)

Beroepsertifikate Bou en siviele konstruksie (Messelaar) (Departement Ambagte) Elektries (Elektrisiën) (Departement Ambagte), met uitbreidende modules in sonkrag en verkoeling. Loodgieter (Departement Ambagte) Tuisversorging (Departement Gesondheid en Welstand) Vroeë kinderontwikkeling (Vroeëkinderontwikkelingspraktisyn) (Departement Gesondheid en Welstand)

Gedeeltelike kwalifikasie Tuissorgassistent (Departement Gesondheid en Welstand)

Sien ook Orania Sol-Tech Akademia

Verwysings

Eksterne skakel

Kategorie:Onderwys in Suid-Afrika Kategorie:Orania