Lampranthus ceriseus is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos en strandveld-plantegroei. Dit kom vanaf die Agulhasvlakte tot by Riversdal voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 8000 km² en daar is minder as tien subpopulasies wat nog bestaan. Die plant het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing, ontwikkeling aan die kus en indringerplante.

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online

ceriseus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika