250px|right|thumb|Die Bali-bomaanvalle gedenkteken. Die 2002 Bali-bomaanvalle het op 12 Oktober 2002 in die toeristedistrik Kuta, Bali, Indonesië plaasgevind. Die aanval is gedoen deur lede van Jemaah Islamiyah, 'n Islamitiese terreurgroep en 'n bondgenoot van Al-Kaïda.
Aanval Lede van die Jemaah Islamiyah-terreurgroep het twee bomme in die volgepakte Sari Club en Paddy's Pub laat ontplof.https://theconversation.com/remembering-the-bali-bombings-ten-years-on-10040 Altesaam 202 mense is in die ontploffings dood, waarvan 88 Australiëers was. Twee Suid-Afrikaners het ook gesterf. 'n Derde bom het rondom dieselfde tyd buite die Amerikaanse konsulaat in Denpasar, Bali ontplof.
Gevolge Kort ná die bomontploffings het die Indonesiese polisie verskeie lede van Jemaah Islamiyah gearresteer.https://www.scmp.com/topics/bali-bombing?module=inline&pgtype=article Imam Samudra, Amrozi Nurhasyim en Huda bin Abdul Haq is skuldig bevind en in November 2008 deur 'n vuurpeloton tereggestel.
Op 19 Januarie 2022 is Arif Sunarso, ook bekend as Zulkarnaen, gevangenisstraf van 15 jaar opgelê vir sy aandeel aan die Bali-bomaanvalle.https://www.dw.com/en/indonesia-militant-sentenced-to-15-years-in-jail-over-2002-bali-bombing/a-60471432 Zulkarnaen het vir 18 jaar lank inhegtenisneming ontduik en is in Desember 2020 in Lampung, Indonesië gearresteer.
Sterftes volgens nasionaliteit Land Aantal sterftes https://www.sbs.com.au/news/bali-bombings-full-list-of-victims-names 88 38 23 7 6 6 4 4 3 3 2 2 2 2 2 2 1 1 Ierland, Republiek van 1 1 1 1 1 Onbekend 2 Totaal 202
Sien ook Islamitiese terrorisme
Verwysings
Kategorie:Islamitiese terrorisme