Aspalathus gerrardii is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en kom by Richardsbaai, St Lucia en die Ngoye-woud en in die suide van Oribiravyn en langs die kus by Port St Johns voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 10 000 km². Dit het reeds 30% van sy habitat afgestaan aan die aanplant van suikerriet, voorstedelike-en-kus ontwikkeling en die aanplant van plantasies. Die bedreigings bestaan steeds. Dit staan in Engels as die Natal Prickly Pea bekend.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

gerrardii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika