Die Chakri-dinastie (, Ratchawong Chakkri, ) is die huidige regerende dinastie van die Koninkryk Thailand. Die hoof van die huis is die koning en staatshoof. Die familie regeer oor Thailand sedert die stigting van die Rattanakosin-tydperk en die stad Bangkok in 1782, en ná die einde van Taksin Thonburi se bewind, toe Siam se hoofstad na Bangkok geskuif is. Die koningshuis is gestig deur Rama I, 'n militêre leier van Ayutthaya. Hy was van Sino-Mon-afkoms.
Voordat hy die troon bestyg het, was Rama I jare lank die minister van burgersake, met die gepaardgaande adellike titel chakri. Toe hy die dinastie stig, het hy "Chakri" as die naam daarvan gekies. Die huis se embleem bestaan uit die diskus (chakra) en drietandvurk (trisula), die hemelse wapens van die gode Vishnu en Shiva, van wie die Thaise koning volgens oortuiging die inkarnasie is.
Die huidige hoof van die huis is Maha Vajiralongkorn, wat op 1 Desember 2016 koning geword het, maar terugwerkend van 13 Oktober 2016 regeer ná die dood van sy pa, Bhumibol Adulyadej. Die huis se huidige setel is die Groot Paleis. Die kroning van Vajiralongkorn en die tradisionele seremonie het op Saterdag 4 Mei 2019 in Bangkok plaasgevind.
Lede Die belangrikste lede van die Huis van Chakri is:
Koning Maha Vajiralongkorn (Phra Vajira Klao Chao Yu Hua) Koningin Suthida (die koning se gemalin) Prinses Bajrakitiyabha (die koning se dogter) Prinses Sirivannavari (die koning se dogter) Prins Dipangkorn Rasmijoti (die koning se vyfde en jongste seun en vermoedelike opvolger tot die troon) Koningin Sirikit, die koninginmoeder Prinses Sirindhorn (koning Rama IX se dogter) Prinses Chulabhorn, (koning Rama IX se dogter) Prinses Siribhachudhabhorn (prinses Chulabhorn se dogter) Prinses Adityadhornkitikhun (prinses Chulabhorn se dogter) Prinses Ubolratana Rajakanya (koning Rama IX se dogter)
Konings BeeldNaamGeboreBewind beginBewind eindigDoodGemalinneKinders80px|Rama IPhrabat Somdet Phra Paramoruracha Maha Chakri Borommanat Phra Buddha Yodfa Chulaloke(Rama I)20 Maart 1737Ayutthaya6 April 1782 (gekroon in die Dusit Maha Prasat-saal, Groot Paleis, op 10 Junie 1782)7 September 1809Groot Paleis, Bangkokop 72Koningin Amarindraen 31 ander gemalinne42 (17 seuns en 25 dogters)80px|Rama IIPhrabat Somdet Phra Boromratchapongchet Mahetsawarasunthon Phra Buddha Loetla Nabhalai(Rama II)24 Februarie 1767Ayutthaya7 September 1809(gekroon in die Phaisan Thaksin-saal)21 Julie 1824Groot Paleis, Bangkok op 57Koningin SrisuriyendraPrinsesgemalin Sri Sulalaien 51 ander gemalinne73 (38 seuns en 35 dogters)80px|Rama IIIPhrabat Somdet Phra Paramathiworaset MahaJessadabodindraPhra Nangklao Chao Yu Hua(Rama III)31 Maart 1788Thonburi-paleis, Bangkok21 Julie 1824(gekroon in die Phaisan Thaksin-saal)2 April 1851Groot Paleis, Bangkok op 6342 gemalinne51 (22 seuns en 29 dogters)80px|Rama IVPhrabat Somdet Phra ParamenthraRamathibodhi SrisindraMaha MongkutPhra Chom Klao Chao Yu Hua Phra Syamadevamahamakut Vidyamaharaj(Rama IV)18 Oktober 1804Thonburi-paleis, Bangkok2 April 1851(gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 15 Mei 1851)1 Oktober 1868Groot Paleis, Bangkok op 63Koningin Somanas VadhanavadiKoningin DebsirindraPrinses Pannaraien 58 ander gemalinne82 (39 seuns en 43 dogters)80px|Rama VPhrabat Somdet Phra Paraminthra MahaChulalongkornPhra Chulachomklao Chao Yu Hua(Rama V)20 September 1853Groot Paleis, Bangkok1 Oktober 1868(gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 11 November 1868 (1ste keer) en 16 November 1873 (2de keer)23 Oktober 1910Dusit-paleis, Bangkok op 57Koningin Sunandha KumariratanaKoningin SukumalmarsriKoningin Savang VadhanaKoningin Saovabha Phongsrien 88 ander gemalinne76 (32 seuns en 44 dogters)80px|Rama VIPhrabat Somdet Phra Paramenthra MahaVajiravudhPhra Mongkut Klao Chao Yu Hua(Rama VI)1 Januarie 1881Groot Paleis, Bangkok23 Oktober 1910(gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 11 November 1910)26 November 1925Groot Paleis, Bangkok op 44Prinsesgemalin Indrasakdi Sachi Gemalin Sucharit SudaPrinsesgemalin LaksamilawanPrinsesgemalin SuvadhanaPrinses Bejaratana Rajasuda80px|Rama VIIPhrabat Somdet Phra Paraminthra MahaPrajadhipokPhra Pok Klao Chao Yu Hua(Rama VII)8 November 1893Groot Paleis, Bangkok26 November 1925(gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 25 Februarie 1926)2 Maart 1935(geabdikeer)30 Mei 1941Surrey, Verenigde Koninkrykop 47Koningin Rambai BarniGeenalt=|108x108px|Rama VIIIPhrabat Somdet Phra Paramenthra MahaAnanda Mahidol(Rama VIII)20 September 1925Heidelberg, Duitsland2 Maart 1935(nooit gekroon nie),regeer onder regentskap van 1935 tot 1946 9 June 1946Groot Paleis, Bangkok op 20GeenGeen80px|Rama IXPhrabat Somdet Phra Boromchanakathibet MahaBhumibol Adulyadej Maharat Borommanatbophit(Rama IX)5 Desember 1927Mount Auburn-hospitaal, Cambridge, Massachusetts, VSA9 Junie 1946(gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 5 Mei 1950)13 Oktober 2016Siriraj-hospitaal, Bangkok op 88Koningin SirikitPrinses Ubol RatanaKoning Maha Vajiralongkorn (Rama X)Prinses SirindhornPrinses Chulabhorn80px|Rama X Phrabat Somdet Phra ParamenthraRamathibodhi SrisindraMaha VajiralongkornPhra Vajira Klao Chao Yu Hua(Rama X)28 Julie 1952Dusit-paleis, Bangkok 13 Oktober 2016(gekroon in die Phaisan Thaksin-saal op 4 Mei 2019)VerkoseKoningin SuthidaGemalin SineenatPrinses BajrakitiyabhaJuthavachara VivacharawongseVacharaesorn VivacharawongseChakriwat VivacharawongseVatchrawee VivacharawongsePrinses Sirivannavari NariratanaPrins Dipangkorn Rasmijoti
Tydlyn
Verwysings
Skakels