Adamantinoom (van die Griekse woord adamantinos, wat "baie hard" beteken) is 'n seldsame beenkanker, wat minder as 1% van alle beenkankers uitmaak. Dit kom byna altyd in die bene van die onderbeen voor en behels beide epiteel- en osteofibreuse weefsel.

Die oorsaak van die gewasse is nog steeds 'n kwessie van debat, maar die mees algemeen aanvaarde teorie is dié van verplasing van basale epiteel van die vel tydens embriologiese ontwikkeling.

Die toestand is vir die eerste keer deur Fischer in 1913 beskryf.

Voorkoms duimnael|X-straal wat 'n adamantinoom in die distale tibia toon Pasiënte ervaar gewoonlik swelling met of sonder pyn. Die stadig-groeiende gewas ontstaan hoofsaaklik in lang bene in 'n subkortikale plek (95% in die tibia of fibula). Pasiënte is meestal in hul tweede of derde dekade van ouderdom, maar adamantinoom kan oor 'n wye ouderdomsreeks voorkom.

Pynlose swelling van die betrokke been (benigne osteofibreuse displasie) gaan dikwels adamantinoom vooruit of kan 'n regressiewe fase van adamantinoom wees.

Histologies word groepe van epiteelselle in 'n veselagtige steunweefsel (stroma) aangetref. Die gewas is tipies goed afgebaken, herabsorbeer beenmatriks aktief (osteolities) en nie eenvormig nie (eksentriek). Die sones waar siste vorm lyk soos seepborrels.

Behandeling Behandeling bestaan uit chirurgiese verwydering van groot dele of selfs amputasie. Metastaseering is skaars aan die begin van die siekte, maar kan tydens die siekteverloop by tot 30% van pasiënte voorkom. Prognose is uitstekend, met algehele oorlewing van 85% op 10 jaar, maar is laer wanneer wye areas rondom die gewas nie chirurgiese verwyder kan word nie.

Hierdie gewas is nie sensitief vir bestraling nie, dus word chemoterapie nie tipies gebruik nie, tensy die kanker na die longe of ander organe gemetastaseer het.

Aantekeninge

Verwysings

Kategorie:Mediese vakbegrip