Altena is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, met 'n bevolking van sowat 57 000 in 2022 en 'n oppervlakte van sowat 227 km².
Die munisipaliteit is in 2019 gestig deur die saamvoeging van Aalburg, Werkendam en Woudrichem.
Die noordelike en uiterste westelike deel van die Brabantse Biesbosch behoort aan Altena.Die suidelike deel van die Brabantse Biesbosch behoort aan die Drimmelen-munisipaliteit. Die Brabantse Biesbosch (behalwe die noordooste) maak deel uit van die nasionale park Die Biesbosch. Die res van die munisipaliteit val saam met die streek van die Land van Heusden en Altena, wat oos van die Brabantse Biesbosch lê.
Altena word omring deur die volgende riviere: die Nieuwe Merwede in die weste, die Boven-Merwede in die noorde, die Afgedamde Maas in die ooste en die Bergsche Maas in die suide.
Nedersettings
Stad: Woudrichem
Dorpe:
Almkerk Andel Babyloniënbroek Drongelen Dussen Eethen
Genderen Giessen Hank Meeuwen Nieuwendijk Rijswijk
Sleeuwijk Uitwijk Veen Waardhuizen Werkendam Wijk en Aalburg
Gehuggies:
Baan Biesheuvel Bronkhorst Buurtje Duizend Morgen Eng Hagoort Hill Hoef
Hoekeinde Keizersveer (gedeeltelik) Kerkeinde Kievitswaard Kille Korn Moleneind Oudendijk Peerenboom
Schans Spijk Stenenheul Steurgat Uppel Vierbannen Vijcie 't Zand Zandwijk
Munisipale raad Verkiesings sedert 2019:
Party Setels 2019 2022 CDA 8 8 AltenaLokaal 6 6 SGP 5 5 Progressief Altena 4 4 CU 4 4 VVD 3 2 Vrije Volkspartij Altena (VVA) 2 Burgerstem Altena 1 Totaal 31 31
Naburige munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)