Aspalathus digitifolia is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom in die Outeniekwaberge naby Mosselbaai voor. Die plant het 30% van sy habitat afgestaan aan die aanplant van pinus-spesies die afgelope 30 jaar. Twee subpopulasies word bedreig deur indringerplante.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

digitifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika