Aspalathus aculeata is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Piketberg en van Durbanville tot by Paarl voor. Die plant het 'n geskatte voorkomsgebied van 4744–5026 km² en het reeds 80-88% van sy habitat verloor weens gewasverbouing soos druiwe, koring en olywe. Daar is 36 klein gefragmenteerde subpopulasies oor wat steeds bedreig word deur gewasverbouing asook indringerplant en onbeheerde veldbrande
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
aculeata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika