Aspalathus lactea is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Hexriviervellei tot by die Warmwatersberg, noord van Barrydale, voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 2000 km² en is deel van die fynbos. Die plant het habitat verloor in die noordelike gedeelte van sy voorkomsgebied, die Hexriviervallei. Hier word dit as plaaslik uitgestorwe beskou. Die subpopulasies tussen die Hexrivierpas en Touwsrivier daal ook tans maar die subpopulasies tussen Montagu en Barrydale is stabiel.
Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Aspalathus lactea subsp. breviloba R.Dahlgren Aspalathus lactea subsp. lactea
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
lactea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika