Aspalathus albens is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom van die suidelike Namakwaland tot in die Kaapse Skiereiland voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 26 921 km² en daar is twintig subpopulasies oor. Die plant het habitat verloor en is plaaslik uitgestorwe op die Kaapse Vlakte. Stedelike ontwikkeling is 'n bedreiging by Mamre en Atlantis terwyl gewasverbouing 'n bedreiging is tussen Hopefield en Darling. Indringerplante is ook 'n bedreiging tussen Hopefield en Melkbosstrand. Veldbrand voorkoming is ook 'n bedreiging vir die plant, dit benodig vuur om voort te plant.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

albens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika