Aspalathus joubertiana is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos en renosterveld-plantegroei. Die plant kom van Napier tot by Potberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 1900 km² en het 50% van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan die afgelope 70 jaar. Onbeheerde veldbrande is ook 'n bedreiging.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

joubertiana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika