Aspalathus cordicarpa is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Die plant kom by die Garciapas in die Langeberg voor. Die plant was eers as uitgestorwe beskou nadat dit laas in die 1950's gewaar is. In 2019 het Brian du Preez, 'n PhD-student, van die Universiteit van Kaapstad, die plant herontdek.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online UCT News

cordicarpa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika