Die molbossie (Aspalathus dasyantha) is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die kusvlakte suid van Riversdal en Albertinia voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 451 km² en vorm deel van die fynbos en Hartenbos-strandveld. Die plant word bedreig deur indringerplante, veral die acacia-spesies.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
dasyantha Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika