Edgbaston-krieketveld, ook bekend as die County Ground of Edgbaston-stadion, is 'n krieketveld in die Edgbaston-omgewing van Birmingham, Engeland. Dit is die tuiste van Warwickshire County-krieketklub en sy T20-span Birmingham Bears. Edgbaston huisves toets-, eendag- en T20I-wedstryde, en het die T20-eindstryd meer as enige ander krieketveld aangebied. Edgbaston-krieketveld is reeds tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde gebruik: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019, asook die laaste en beslissende groepwedstryd van die heel eerste Vrouekrieketwêreldbeker 1973. Daarbenewens het Edgbaston-krieketveld wedstryde tydens die Kampioenetrofeë in 2004, 2013 en 2017 aangebied. Edgbaston is ook tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 vir wedstryde gebruik. Edgbaston is sedert 2021 die tuisstadion van die Birmingham Phoenix-mansspan in The Hundred-kompetisie.
Onlangse geskiedenis duimnael|links|Die Raglan- en RES Wyatt-pawiljoene, met Birmingham se middestad in die verte. Edgbaston was die eerste Engelse veld benewens Lord’s wat 'n groot internasionale eendagtoernooi-eindstryd aangebied het toe in 2013 die Kampioenetrofee-eindstryd hier beslis is. Met 'n permanente kapasiteit van sowat 25 000 is dit die vierde grootste krieketstadion in Engeland, na Lord’s, Old Trafford en The Oval.
Edgbaston het gasheer gespeel vir wedstryde in groot toernooie soos tydens die Krieketwêreldbeker 2019 waar Engeland sy eerste krieketwêreldbekertoernooi gewen het en die Kampioenetrofee 2017 toe Pakistan gewen het.
Edgbaston is die stadion waar die eerste seniorwedstryd onder spreiligte in Engelse krieket gespeel is, tussen Warwickshire en Somerset in die destydse AXA Life Sunday League. Dit het die eerste dag/nag-toetswedstryd in Engeland in Augustus 2017 aangebied toe Engeland teen Wes-Indië gespeel het.
Edgbaston word as een van Engeland se voorste krieketvelde beskou. Wisden se gids tot krieketvelde in 1992 het opgemerk dat "Lord’s is really its only superior in the United Kingdom". Ná die opening van die nuwe Suid- en Wes-pawiljioene in 2011 het die Engelse en Walliese Krieketraad gesê dat "die ruim fasiliteite op die voorpunt is, selfs effens beter as by die tuiste van krieket" (d.w.s. Lord’s).
Toeskouers duimnael|Die Eric Hollies en South Stands en die persgalery Die atmosfeer by Edgbaston is bekend as die vyandigste in Engeland vir besoekende spanne. Die voormalige kaptein van Engeland, Alec Stewart, het onthou: "Op wêreldvlak sou ek dit saam met Eden Gardens in Kolkata plaas, wat ongeveer 70 000 hou. Dit inspireer 'n span. Dit is soos om nog 'n man in jou span te hê" en die voormalige Engelse paaltjiewagter Geraint Jones beskryf dit as volg: "Die skare hier maak so 'n groot geraas as jy goed doen... dit is 'n unieke omgewing." Nadat hy die 2015-As-toetswedstryd teen Australië op Edgbaston gewen het, het die Engelse kaptein, Alastair Cook, gesê: “Die sang van die Edgbaston-skare was die luidrugtigste wat ek kan onthou. Edgbaston is 'n fantastiese plek vir ons!"
Die rekordbywoning by 'n County Championship- wedstryd by Edgbaston is 28 000 teen Lancashire in die kampioenskap-wenseisoen van 1951, en die rekord vir 'n enkele dag van 'n toetswedstryd is 32 000 teen Wes-Indië in 1957.
Wedstryde Vrouekrieketwêreldbeker 1973
Krieketwêreldbeker 1975
Krieketwêreldbeker 1979
Krieketwêreldbeker 1983
Krieketwêreldbeker 1999
Kampioenetrofee 2004
Kampioenetrofee 2013
Kampioenetrofee 2017
Krieketwêreldbeker 2019
T20I-vrouewêreldbeker 2026
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Edgbaston-krieketveld op ESPNcricinfo
Kategorie:Birmingham Kategorie:Kampioenetrofeestadions Kategorie:Krieketstadions in Engeland Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:T20I-vrouewêreldbekerstadions Kategorie:Vrouekrieketwêreldbekerstadions