Haworthiopsis fasciata is 'n vetplant wat tot die genus Haworthiopsis behoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom van Gamtoosriviervallei tot by Port Elizabeth voor. Die plant het habitat afgestaan aan die aanlê van lande vir weiding, landbou aktiwiteite en stedelike ontwikkeling.
Die plant het twee subspesies: Haworthiopsis fasciata var. browniana (Poelln.) Gildenh. & Klopper Haworthiopsis fasciata var. fasciata
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
fasciata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika