Haworthiopsis attenuata is 'n vetplant wat tot die genus Haworthiopsis behoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom van Patensie tot by die Mbasherivier voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 19 322 km², die spesie se getalle het met 30% die afgelope 100 jaar afgeneem weens onwettige versameling daarvan deur tradisionele medisyne handelaars asook onwettige versameling deur handelaars.

Daar is drie subspesies: Haworthiopsis attenuata var. attenuata Haworthiopsis attenuata var. glabrata (Salm-Dyck) G.D.Rowley Haworthiopsis attenuata var. radula (Jacq.) G.D.Rowley

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

attenuata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika