Gasteria croucheri is 'n vetplant wat tot die genus Gasteria behoort. Die spesie is endemies aan die KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Dit kom vanaf Mapumulo tot by Port St. Johns voor. Die spesie se getalle het met 30% die afgelope 30-40 jaar gedaal weens onwettige versameling daarvan vir medisinale gebruik.
Die spesie het drie subspesies: Gasteria croucheri subsp. croucheri Gasteria croucheri subsp. pendulifolia (van Jaarsv.) Zonn. Gasteria croucheri subsp. pondoensis N.R.Crouch, Gideon F.Sm. & D.G.A.Styles
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
croucheri Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika