Robert Graeme Pollock (gebore 27 Februarie 1944) is 'n voormalige krieketspeler vir Suid-Afrika, Transvaal en die Oostelike Provinsie. Pollock is deel van 'n bekende krieketfamilie en hy word beskou as een van die beste Suid-Afrikaanse krieketspelers en een van die beste kolwers ooit.

Graeme Pollock is in 2009 in die IKR se Heldesaal opgeneem.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense