Hierdie artikel handel oor die manskriekettoernooi. Vir die artikel oor die vrouekriekettoernooi, sien T20I-vrouewêreldbeker 2009.
Die T20I-wêreldbeker 2009 (Engels: 2009 ICC Men’s T20 World Cup) is van 5 tot 21 Junie 2009 in Engeland beslis. Dit was die tweede T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2009 (2009 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend. Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis. Saam met die Kampioenetrofee 2009 in September en Oktober in Suid-Afrika was dit een van twee vername kriekettoernooie in dieselfde jaar.
duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2007 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2009 deelgeneem: Nege van die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland en Nederland). Nadat die Zimbabwiese span onttrek het, kon die derdeplekspan tydens die kwalifisering, Skotland, ook aan die toernooi deelneem. Beide Ierland en Nederland het vir die eerste keer vir ’n T20I-wêreldbekertoernooi gekwalifiseer, waardeur vir die eerste keer vier Europese spanne aan dié toernooi deelgeneem het.
Tydens die T20I-wêreldbeker 2009 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Suid-Afrika en Sri Lanka vir Wes-Indië geklop, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne Pakistan en Sri Lanka mekaar in die eindstryd ontmoet het. Pakistan het Sri Lanka in die eindstryd op Lord’s in Londen met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1992 was dit Pakistan se tweede internasionale kriekettitel. Beide die gasheer Engeland en die verdedigende wêreldkampioen Indië is in die Super Agt uitgeskakel.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Engeland as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2009 aangewys. In Desember 2007 het die IKR ’n T20I-vrouewêreldbeker ingevoer wat gelyktydig met die manstoernooi aangebied sou word; dit was tydens die 2009-toernooi in Engeland vir die eerste keer die geval.
Deelnemers Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2009 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2009 gekwalifiseer. Ierland en Nederland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Weens Zimbabwe se destydse politieke beleid onder president Robert Mugabe het die Britse regering gedreig om die Zimbabwiese span se toegang na die Verenigde Koninkryk te weier, waarvolgens gevrees is dat die toernooi na ’n ander land geskuif sou kon word. Zimbabwe het egter sy span aan die toernooi onttrek en vervolgens kon Skotland ook aan die toernooi deelneem. Gevolglik was dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi waaraan vier Europese spanne deelgeneem het.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2009-kwalifisering; altesaam 16 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerTweede2007Super Agt (2007)Volle ledeTweede2007Halfeindrondte (2007)Tweede2007Super Agt (2007)Tweede2007Kampioen (2007)Tweede2007Halfeindrondte (2007)Tweede2007Naaswenner (2007)Tweede2007Super Agt (2007)Tweede2007Super Agt (2007)Tweede2007Eerste rondte (2007)T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2008Eerste –DebuutEerste –DebuutTweede2007Eerste rondte (2007)
Stadions Tydens die toernooi is drie Engelse stadions gebruik. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2009 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
NottinghamLonden Trent Bridge Lord’s The Oval Kapasiteit: 17 500 Kapasiteit: 28 000 Kapasiteit: 23 500 200px 200px 200px
Formaat Die T20I-wêreldbeker 2009 is oor 17 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 5 Junie 2009 op Lord’s in Londen met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Nederland begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 21 Junie met die eindstryd tussen Sri Lanka en Pakistan, waartydens Pakistan die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbeker 2007 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2009 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteJunieVr5Sa6So7Ma8Di9Wo10Groep A | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep C | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1Groep D | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 |Super AgtJunieDo11Vr12Sa13So14Ma15Di16Groep E | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1Groep F | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1UitklopfaseJunieWo17Do18Vr19Sa20So21Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep BGroep CGroep D
Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel: Groep A: Nottingham Groep B: Londen Groep C: Londen en Nottingham Groep D: Londen
Eerste rondte en Super Agt Die T20I-wêreldbeker 2009 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 16 skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.
Skeidsregters Steve Davis (Australië) Daryl Harper (Australië) Simon Taufel (Australië) Rod Tucker (Australië) Mark Benson (Engeland) Ian Gould (Engeland) Nigel Llong (Engeland) Amiesh Saheba (Indië) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Tony Hill (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Asad Rauf (Pakistan) Asoka de Silva (Sri Lanka) Marais Erasmus (Suid-Afrika) Rudi Koertzen (Suid-Afrika) Billy Doctrove (Wes-Indië)
Wedstrydbeamptes Alan Hurst (Australië) Chris Broad (Engeland) Ranjan Madugalle (Sri Lanka)
Wedstryde Kwalifiseer vir die Super Agt.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 31 Oktober 2007 aangekondig en bepaal volgens die spanne se finale posisies tydens die vorige T20I-wêreldbeker 2007.
Eerste rondte Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.
Groep A Span22004+1.22721102−0.16220200−0.966
Groep B Span21102+1.17521102+0.85021102−2.025
Groep C Span22004+0.62621102+0.71520200−1.331
Groep D duimnael|Skotland se Calum MacLeod besig met ’n aflewering vir die Nieu-Seelandse Brendan McCullum Span22004+3.27521102+0.30920200−5.281
Super Agt Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep E Span33006+0.78732104+0.06331202−0.41430300−0.466
Groep F Span33006+1.26732104+1.18531202−0.23230300−2.183
Uitklopfase duimnael|Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Lord’s in Londen ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-wêreldkampioen 2009
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2009.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2009: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 B/F 7 5 0 2 990 927 +63 10 — 2 C/F 7 6 0 1 1100 952 +148 12 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 D/E 6 5 0 1 908 749 +159 10 — 4 C/E 6 3 0 3 851 1016 –165 6 — In die Super Agt uitgeskakel 5 B/E 5 2 0 3 772 646 +126 4 — 6 D/F 5 2 0 3 624 590 +34 4 — 7 A/E 5 2 0 3 714 706 +8 4 — 8 A/F 5 1 0 4 620 751 –131 2 — In die eerste rondte uitgeskakel 9 B 2 1 0 1 256 337 –81 2 −2.025 10 A 2 0 0 2 292 318 –26 0 −0.966 11 C 2 0 0 2 328 332 –4 0 −1.331 12 D 2 0 0 2 170 301 –131 0 −5.281
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Tillakaratne Dilshan 317 2 Jacques Kallis 238 3 Chris Gayle 193 4 Kamran Akmal 188 5 AB de Villiers 186 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Umar Gul 13 2 Ajantha Mendis 12 Saeed Ajmal Lasith Malinga 5 Shahid Afridi 11
Sien ook
T20I-vrouewêreldbeker 2009
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-wêreldbeker 2009 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland 2009 Kategorie:Sport in 2009