Gasteria batesiana is 'n vetplant wat tot die genus Gasteria behoort. Die spesie is inheems aan Eswatini, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Die plant het 'n voorkomsgebied van 19 000 km² en daar is minder as vyftien subpopulasies. Die spesie se getalle het reeds met 20% die afgelope 20-30 jaar gedaal weens die oormatige oes daarvan vir medisinale gebruik.
Die plant het twee subspesies: Gasteria batesiana var. batesiana Gasteria batesiana var. dolomitica van Jaarsv. & A.E.van Wyk
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
batesiana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika