Die jaar 1433 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 33ste jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure Honderdjarige Oorlog Filip die Goeie van Boergondië beperk die uitvoer van muntmetaal na Calais vanweë die maatreëls wat die Engelse parlement in 1429 aangeneem het. Italië 31 Mei – Pous Eugenius IV kroon keiser Sigismund as keiser van die Heilige Romeinse Ryk. 4 Junie – Pous Eugenius IV moet uit Rome vlug vir die troepe van Filippo Maria Visconti. Skotland 23 Julie - Die Hussiet Pavel Kravař word in Skotland as ketter veroordeel en lewend verbrand. Dit is glo by die kruis wat vandag in St. Andrews staan.
Geboortes 10 November – Karel die Stoute, die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg, en die graaf van Vlaandere, Artesië, Henegouwen, Holland, Zeeland en Namen († 1477).
Sterftes Zheng He, Chinese eunug-admiraal en ontdekkingsreisiger (* 1371).
Verwysings
Kategorie:15de eeu