Die jaar 1437 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 37ste jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure Vlaandere 15 April - Maurits van Varsenare, die burgemeester van Brugge word gelynch. Hertog Filip trek op na Brugge met 3000 Pikardiese soldate. 22 Mei - Brugge kom in opstand teen de Boergondiese hertog, wat ook graaf van Vlaandere is. Hy ontsnap ternouer met sy lewe. Brugse magte beleër die stad Sluis sonder resultaat. Die opstand versprei oor Vlaandere. Honger dwing die burgers van Brugge 'n nuwe regering aan te stel. Desember - Brugge se opstand word opgegee.
Pouslike staat 3 Julie – Die konsilie van Basel publiseer die "monitum" wat die magte van Pous Eugenius IV probeer beperk. 18 September – Pous Eugenius IV publiseer die bul "Doctoris gentium" wat 'n nuwe konsilie in Ferrara aankondig.
Java Op Java kom die Candi Sukuh gereed. Dit bevat 'n Koninklike Linga en hierdie simbool bedreig die posisie van Majapahit omdat dit 'n alternatiewe magsentrum verteenwoordig.
Geboortes
Sterftes
Verwysings
Kategorie:15de eeu