Die jaar 1436 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 36ste jaar van die 15de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure Honderdjarige Oorlog 4 Julie - Die Boergondiërs, nou 'n Franse bondgenoot beleër die Engelse stad Calais. Die munt van Calais moet sy deure sluit. Die konflik met die Engelse in Calais beteken 'n ekonomiese ramp vir die tekstielindustrie van Brugge en Gent. Die beleg van Calais het min kans op sukses omdat dit nie deur 'n vlootblokkade ondersteun word nie. Die Vlaamse milisies besluit om huis toe te gaan. Die manne van Brugge bly egter buite die stad kamp. Hertogin Isabelle van Portugal -hertog Filip se vrou- probeer die Brugse burgermag oortuig om na Sluis te gaan en 'n vloot te beman om Calais te blokkeer, maar daar is te veel vyandigheid tussen die twee stede. In Brugge word die hertog se skout gedood. 17 Oktober - Die hertog van Boergondië en die stad Brugge sluit vrede en Filip stuur 'n nuwe skout, maar die situasie bly onrustig.
Italië 25 Maart - Die katedraal Santa Maria del Fiore in Florence word amtelik deur pous Eugenius IV ingewy, met musiek van Guillaume Dufay se motet Nuper rosarum flores.
China Yingzong word keiser van China.
Geboortes 26 November – Prinses Catherine van Portugal, skryfster. († 1463)
Sterftes
Verwysings
Eksterne skakel Nuper rosarum flores; Youtube video
Kategorie:15de eeu