Die berg Giluwe is op 4 367 m die tweede hoogste berg in Papoea-Nieu-Guinee en die vyfde hoogste piek op die eiland Nieu-Guinee. Dit is in die provinsie Suidelike Hoogland geleë en is 'n ou skildvulkaan met uitgestrekte graslande. Dit het twee pieke, met die sentrale piek op 4 367 m wat die hoogste is en 'n oostelike piek sowat 2 km van daar teen 4 300 m. Giluwe is die hoogste vulkaan op die Australiese kontinent en Oseanië, en is dus een van die Vulkaniese Sewe Kruine.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Vulkane Kategorie:Vulkaniese Sewe Kruine Kategorie:Skildvulkane