Die rotstert (Babiana ringens) is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom vanaf die Bokkeveldberge-eskarp tot by die Kaapse Skiereiland voor waar dit deel van die fynbos is.
Subspesies Die plant het twee subspesies: Babiana ringens subsp. australis Goldblatt & J.C.Manning Babiana ringens subsp. ringens
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
ringens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika