Babiana regia is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Agter-Paarl tot by Stellenbosch in die fynbos en renosterveld voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is ses, klein gefragmenteerde subpopulasies. Die totale populasie is kleiner as 1 000 plante.
Die plant het 95% van sy habitat afgestaan aan hoofsaaklik gewasverbouing. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur onder andere ontwikkeling, gebrek aan 'n brandprogram, indringerplante, oorbeweiding, eutrofikasie en die ontginning van sand.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
regia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika