Babiana radiata is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by De Rust naby Oudtshoorn voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar was drie, klein gefragmenteerde subpopulasies. Een subpopulasie is egter in 2006 vernietig tydens die uitbreiding van landbou aktiwiteite. Die ander twee groei op padskouers en word bedreig deur padinstandhouding en konstruksie.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
radiata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika