Daryne Joshua (gebore 1992), is 'n Suid-Afrikaanse rolprentmaker. Hy is veral bekend as die regisseur van rolprente Noem my Skollie en Ellen: Die storie van Ellen Pakkies. Afgesien van rolprentvervaardiging, is hy ook 'n filantroop, redakteur, animasie -ontwerper, klankontwerper, media- en kommunikasie-regisseur.

Persoonlike lewe Hy is gebore en getoë in Kaapstad. Hy is opgevoed aan die Livingstone High School. Hy is 'n dosent oor rolprent- en filmstudies aan Cape Peninsula, University of Technology.

Loopbaan Op die ouderdom van sewe begin hy met visuele storievertelling. Op daardie stadium het hy strokiesprente gemaak en verkoop aan sy vriende in Bridgetown. Hy het later AFDA, The School for the Creative Economy, bygewoon en sy graad met lof behaal.

Hy is die medestigter, skrywer en regisseur van Gambit Films wat hy gestig het onmiddellik na die gradeplegtigheid. Gambit Films vervaardig Kaapstad se eerste Afrikaanse sepie, Suidooster vir DSTV en Kyknet.

In 2016 het hy sy debuutfilm Noem My Skollie geregisseer. Die film is tydens die 89ste Oscar-toekenning gekies as die Suid-Afrikaanse inskrywing vir die beste vreemde taalfilm, maar is nie genomineer nie. Die film het die RapidLion-toekennings gewen vir die beste draaiboek en die beste Suid-Afrikaanse film in 2017. Met die sukses van die film het hy sy tweede rolprent Ellen: Die storie van Ellen Pakkies gemaak. Dit was gebaseer op die ware verhaal van Ellen Pakkies. Die film het sy wêreldpremière op die Internasionale Filmfees Rotterdam (IFFR) op 27 Januarie 2018 en het positiewe reaksie ontlok. Dit is op 7 September 2018 in Suid -Afrika vrygestel.

In 2018 skryf hy die draaiboek van die kortfilm Number 37 onder regie van Nosipho Dumisa. Die draaiboek het later ook die toekenning van die South African Film and Television Award (SAFTA) gewen.

Filmografie

Jaar Rolprent Rol Genre Verw. 2010 Lost Boys: The Thirst Staff assistant Tuis video 2016 Noem My Skollie (Call Me Thief) Regisseur Film 2018 Ellen: Die storie van Ellen Pakkies Regisseur Film 2018 Number 37 Skrywer Kort film 2020 Blood & Water Regisseur, skrywer TV-Reeks

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Suid-Afrikaanse draaiboekskrywers