Die Golf van Geduld is 'n groot baai aan die suidooskus van Sachalineiland in Sachalin-oblast, Rusland.
Geografie Die Golf van Geduld is geleë in die suidelike See van Ochotsk, tussen die hoofdeel van die eiland Sachalin in die weste en Kaap Geduld in die ooste. Die Poronairivier loop van die noorde af in die baai in. Tjoeleni-eiland is aan die oostekant van die baai geleë, suid van Kaap Geduld.
Geskiedenis Die eerste Europeërs het die baai in 1643 op die Nederlandse skip Castricum besoek. Die kaptein was Maarten Gerritsz Vries. Die bemanning het die golf so genoem omdat hulle lank moes wag vir die mis om op te klaar voordat hulle hulle ekspedisie kon voortsit.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Seë van die Stille Oseaan Kategorie:Geografie van Rusland Kategorie:Sachalin-oblast