The Moscow Times (TMT) is 'n onafhanklike Engelse aanlyn koerant wat in Moskou gebaseer is. Dit is van 1992 tot 2017 gedruk en is gratis versprei op plekke wat deur Engelssprekende toeriste en ekspats besoek is, soos hotelle, kafees, ambassades en lughawens, of deur subskripsie. Die koerant is gewild onder buitelanders wat in Moskou woon en Engelssprekende Russe.Richardson, Dan. (2001). The Rough Guide to Moscow. Rough Guides. p. 56.
In November 2015 het die dagblad 'n weeklikse koerant geword (wat elke Donderdag uitgekom het) en die getal bladsye is tot 24 vermeerder. Van Julie 2017 af is dit net aanlyn beskikbaar.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Russiese media