Johannes XVIII was die 141ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Johannes XVIII is gebore as Giovanni Fasano in Rapagnano, Italië die seun van 'n priester met die naam Leo. Hy was voor sy verkiesing 'n Benediktynse monnik. Op 25 Desember 1003 volg hy Pous Johannes XVII op en regeer tot sy dood op Junie of Julie 1009. Hy word opgevolg deur Pous Sergius IV. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat Pous Johannes XVIII is verkies deur die invloed van Johannes III Crescentius. Op die versoek van keiser Hendrik II rig hy die bisdom Bamberg op in Junie 1007. Hy het bemiddel in die stryd tussen Goslin, die ab van Fleury en die biskoppe van Sens en Orléans. Deur die patriarg van Konstantinopel is hy egter slegs erken as biskop van Rome. Dit lyk asof Johannes afgetree het, want hy sterf as monnik in die abdy van Sint Paulus buite die mure.Kirsch, Johann Peter. "Pope John XVIII (XIX)." The Catholic Encyclopedia. Vol. 8. New York: Robert Appleton Company, 1910. 9 Junie. 2008 http://www.newadvent.org/cathen/08429a.htm
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Johannes XVIII Kategorie:Sterftes in 1009