Svalbard is ’n argipel in die Noordpoolstreek wat die mees noordelike deel van Noorweë vorm. Dit lê ongeveer 650 km noord van die Europese vasteland, halfpad tussen Noorweë op die vasteland en die Noordpool. Die eilandgroep lê tussen 74° en 81° noord (binne die Arktiese Sirkel) en 10° en 35° oos. Spitsbergen is die grootste eiland, gevolg deur Nordaustlandet en Edgeøya. Die administratiewe sentrum is Longyearbyen en ander nedersettings sluit die Russiese myngemeenskap van Barentsburg, die navorsingsgemeenskap by Ny-Ålesund en Sveagruva, ’n mynbuitepos, in. Die argipel is onder die administrasie van die Goewerneur van Svalbard.

Die eilande is die eerste keer as ’n walvisjagbasis in die 17de en 18de eeue gebruik, maar is daarna weer verlaat. Aan die begin van die 20ste eeu is begin met die ontginning van steenkool en verskeie permanente gemeenskappe is daar gevestig. Die Spitsbergenverdrag van 1920 erken Noorweegse soewereiniteit en die Svalbard-wet van 1925 het Svalbard ’n regmatige deel van die Koninkryk van Noorweë gemaak. Hierdie wet het ook verseker dat Svalbard ’n vrye ekonomiese en gedemilitariseerde gebied is. Die Noorweegse Store Norske en die Russiese Arktikugol is die enigste mynmaatskappye wat op die eilande werksaam is. Navorsing en toerisme het belangrike aanvullende industrieë geword. Twee groot navorsingsfasiliteite is die Universiteitsentrum in Svalbard en die Svalbard Wêreldsaadkelder. Daar is geen paaie tussen nedersettings nie en daar word van sneeumobiele, vliegtuie en bote gebruik gemaak. Svalbard Lughawe, Longyear dien as die poort na Europa.

Die argipel het ’n Arktiese klimaat maar het heelwat hoër temperature as ander areas wat op dieselfde breedtegraad lê. Die flora trek voordeel uit die lang middernagson om op te maak vir die poolnag. Svalbard is die broeiplek vir baie seevoëls en daar is ook ysbere, rendiere en seesoogdiere. Twee derdes van die argipel word ingeneem deur sewe nasionale parke en 23 natuurreservate, wat die grootliks onaangeraakte dog brose omgewing beskerm. Sestig persent van die argipel is gletser en daar is baie berge en fjords.

Geografie

duimnael|links|’n Topografiese kaart van Svalbard duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Svalbard Svalbard is ’n argipel tussen die Arktiese Oseaan, Barentssee, Groenlandsee en die Noorse See en maak die noordelikste deel van Noorweë uit. Die verdrag definieer Svalbard as alle eilande, eilandjies en rotse van 74° tot 81° noorderbreedte en van 10° tot 35° oosterlengte. Die eilande beslaan ’n oppervlak van 61 022 km² en Spitsbergen, wat meer as die helfte van die argipel uitmaak, is die grootste eiland, gevolg deur Nordaustlandet en Edgeøya. Al die nedersettings is op Spitsbergen behalwe vir die meteorologiese buiteposte op Beereiland en Hopen. Die Noorweegse staat het beheer geneem oor alle onopleëiste grond (dit is 95.2% van die argipel) ten tyde van die inwerkingtreding van die Spitsbergenverdrag; Store Norske besit 4%, Arktikugol besig 0.4% en ander privaateienaars besit 0.4%.

Svalbard is geleë in die noordwestelike hoek van die Eurasiese plaat. Die seebodem na die suide en ooste is vlak (ongeveer 200 tot 300 m) terwyl die noorde en weste tot ongeveer 4 km diep is. Noord van Svalbard is pakys en die Noordpool en die Noorweegse vasteland lê na die suide. Die Russiese argipel Franz Josef-land en Nowaja Zemlja lê na die ooste en Groenland na die weste.Umbreit (2005): 3

Omdat dit noord van die Arktiese Sirkel geleë is, ervaar Svalbard die middernagson in die somer asook die poolnag in die winter. By 74° noord duur die middernagson 99 dae en die poolnag 84 dae terwyl dit by 81° noord onderskeidelik 141 en 128 dae duur.Torkilsen (1984): 96–97 In Longyearbyen duur die middernagson van 20 April tot 23 Augustus en die poolnag van 26 Oktober tot 15 Februarie. In die winter kan die kombinasie van ’n volmaan en reflekterende sneeu addisionele lig bied.

Vergletsering dek ongeveer 36 502 km², of 60% van Svalbard; 30% is onvrugbare rots terwyl 10% begroei is. Die grootste gletser is Austfonna (8 412 km² op Nordaustlandet, gevolg deur Olav V Land en Vestfonna. Gedurende die somer is dit moontlik om van Sørkapp in die suide tot by die noorde van Spitsbergen te ski, met slegs ’n klein gedeelte wat nie deur sneeu of gletser bedek is nie. Kvitøya is 99,3% bedek deur gletser.Torkildsen (1984): 102–104

Die landvorme van Svalbard is geskep deur herhaaldelike ystydperke, waar gletsers van die plato in die fjords, valleie en berge gesny het.Umbreit (2005): 4–6 Die hoogste piek is Newtontoppen (1 712 m) gevolg deur Perriertoppen (1 712 m), Ceresfjellet (1 675 m), Chadwickryggen (1 640 m) en Galileotoppen (1 637 m). Die langste fjord is Wijdefjorden (108 km) gevolg deur Isfjorden (107 km), Van Mijenfjorden (83 km), Woodfjorden (64 km) en Wahlenbergfjorden (46 km). Svalbard is deel van die Hoog-Arktiese Groot Vulkaniese Provinsie en het Noorweë se grootste aardbewing op 6 Maart 2009 beleef; die aardbewing het 6.5 op die Richterskaal gemeet.

Geskiedenis

duimnael|links|Die walvisjagstasie van die Amsterdamse kamer van die Noordse Compagnie in Smeerenburg, deur Cornelis de Man (1639), maar gebaseer op ’n skildery van ’n Dansk hvalfangststation (Deense walvisjagstasie) deur A.B.R. Speeck (1634), wat die Deense stasie in Kopenhagenbaai (Kobbefjorden) verteenwoordig het.

Noormanne het Svalbard waarskynlik so vroeg as die 12de eeu ontdek. Tradisionele Noorse vertellings van ’n land genaamd Svalbarð — letterlik koue kus — maar dit kan ook verwys na Jan Mayen of ’n deel van Oos-Groenland.Torkildsen (1984): 25–26Arlov (1996): 46 Parallelle begrippe was dat Svalbard en Groenland aan die Europese vasteland verbind was.Arlov (1996): 26 Die argipel kon in dié tydperk gebruik gewees het vir visvang en jag.Torkildsen (1984): 26 Die Nederlander Willem Barentsz het die eerste onbetwisbare ontdekking van Svalbard in 1596 gemaak in ’n poging om die Noordelike Seeroete te vind.Torkildsen (1984): 30Arlov (1996): 39–40 In 1604 het ’n Engelse skip by Bjørnøya geland en walrusse begin jag; jaarlikse ekspedisies het gevolg.Torkildsen (1984): 32Arlov (1996): 62 Sedert 1611 het Spitsbergen ’n basis vir walvisjag geword waar die Groenlandse walvis geteiken is. Weens die wetlose aard van die omgewing het Engelse, Deense, Nederlandse en Franse maatskappye met mag probeer om die vlote van ander lande weg te hou.Torkildsen (1984): 34–36Arlov (1996): 63–67

Smeerenburg, wat in 1619 deur die Nederlanders gestig is, was een van die eerste nedersettings.Torkildsen (1984): 37 Kleiner basisse is ook gebou deur die Engelse, Dene en Franse. Aanvanklik was hierdie buiteposte slegs somerkampe, maar van die vroeë 1630’s af het mense daar begin oorwinter. Walvisjag by Spitsbergen het tot die 1820’s voortgeduur toe die Nederlandse, Britse en Deense walvisjagters elders in die Noordpoolstreek gaan jag het.Torkildsen (1984): 39 Teen die laat 17de eeu het Russiese jagters daar aangekom; hulle het meer as die ander daar oorwinter en het jag gemaak op landsoogdiere soos ysbere en poolvosse.Torkildsen (1984): 40 Nadat Britse skepe die grootste gedeelte van die Russiese vloot vernietig het, het Russiese aktiwiteit op Svalbard afgeneem in so ’n mate dat dit in die 1820’s totaal gestaak is.Torkildsen (1984): 44 Noorweegse jagtogte — hoofsaaklik vir walrusse — het in die 1790’s begin maar het opgehou in dieselfde tyd as wat die Russe Svalbard verlaat het.Torkildsen (1984): 47 Walvisjag rondom Spitsbergen het tot die 1830’s aangehou en rondom Bjørnøya tot die 1860’s.Torkildsen (1984): 50

duimnael|Longyearbyen in 1925 Teen die 1890’s het Svalbard ’n bestemming vir Arktiese toerisme geword, steenkoolafsettings is ontdek en die eilande is gebruik as ’n basis vir Arktiese verkenning.Arlov (1996): 239 Die eerste mynaktiwiteite is deur die Noorweërs in 1899 by Isfjorden gedoen; teen 1904 het die Britte hulself in Adventfjorden gevestig en die eerste heeljaaraktiwiteite begin.Arlov (1996): 249 Produksie in Longyearbyen het in 1908 deur Amerikaanse belange ’n aanvang geneem;Arlov (1996): 261 Store Norske het homself in 1916 gevestig en gedurende die oorlog het ander Noorweegse belange het begin om Amerikaanse belange uit te koop.Arlov (1996): 273

Samesprekings om die soewereiniteit van die argipel te vestig het in die 1910’s begin,Arlov (1996): 288 maar is onderbreek deur die Eerste Wêreldoorlog.Arlov (1996): 294 Op 9 Februarie 1920, na afloop van die Vredeskonferensie van Parys is die Spitsbergenverdrag geteken; dit het volle soewereiniteit aan Noorweë gegee. Alle ondertekenaars is egter nie-diskriminerende regte op visvang, jag en minerale hulpbronne gebied.Arlov (1996): 305–306 Die verdrag het op 14 Augustus 1925 van krag geword; op dieselfde tyd het die Svalbardwet aktiwiteite op die eilandgroep begin reguleer en het die eerste Sysselmann (goewerneur), Johannes Gerckens Bassøe, in die amp getree.Arlov (1996): 319 Die argipel het tradisioneel as Spitsbergen bekend gestaan en die hoofeiland self as Wes-Spitsbergen. In die 1920’s het Noorweë die argipel tot Svalbard hernoem en die hoofeiland het Spitsbergen geword.Umbriet (2005): XI–XII Kvitøya, Kong Karls Land, Hopen en Bjørnøya is nie as deel van die Spitsbergen-argipel beskou nie. Die Russe het die argipel Grumat (Грумант) genoem.Arlov (1996): 51 Die Sowjetunie het die naam Spitsbergen (Шпицберген) behou om ongedokumenteerde eise dat die Russe die eerste was om die plek te ontdek, te ondersteun.Fløgstad (2007): 18Arlov (1996): 50 In 1928 het die Italiaanse ontdekkingsreisiger Umberto Nobile en die bemanning van die lugskip Italia in die ys naby die kus van Foynøya vasgevaar. Die gevolglike reddingspogings het baie nuusdekking geniet en Svalbard het kortstondige roem beleef.

duimnael|links|Verlate kabelbaan wat vroeër gebruik is om steenkool te vervoer In 1941 is alle Noorweegse en Sowjet-nedersettings op Svalbard tydens Operasie Gauntlet ontruim,Arlov (1996): 397 ’n Duitse teenwoordigheid met ’n meteorologiese buitepos is daar gevestig maar ’n klein Noorweegse garnisoen is op Spitsbergen gehou. Die Duitse Operasie Zitronella het hierdie garnisoen in 1943 met mag oorgeneem en het in daardie tyd ook Longyearbyen en Barentsburg vernietig.Arlov (1996): 402–403 Ná die oorlog het die Sowjetunie ’n gemeenskaplike administrasie en weermag met Noorweë vir Svalbard voorgestel. Dit is in 1947 verwerp deur Noorweë wat twee jaar later by NAVO aangesluit het. Die Sowjetunie het burgerlike aktiwiteit op Svalbard gehandhaaf, deels om te verseker dat die argipel nie deur NAVO gebruik word nie.Arlov (1996): 407–408

Ná die oorlog het Noorweë operasies by Longyearbyen en Ny-Ålesund hervat,Torkildsen (1984): 206 terwyl die Sowjetunie mynbou in Barentsburg, Pyramiden en Grumant gevestig het.Torkildsen (1984): 202 Die myn by Ny-Ålesund het verskeie dodelike ongelukke gehad en 71 mense is dood van 1945 tot 1954 en 1960-1963 toe die myn aktief was. Die Kings Bay-saak, wat gevolg het op die 1962-ongeluk waarin 21 mynwerkers oorlede is, het Einar Gerhardsen se derde kabinet gedwing om te onttrek. In 1964 het Ny-Ålesund ’n navorsingsbuitepos en fasiliteit vir die Europese Ruimtenavorsingsorganisasie geword.Arlov (1996): 412 Aardolieproefboorwerk is in 1963 begin en het tot 1984 aangehou, maar geen kommersieel lewensvatbare velde is gevind nie.Torkildsen (1984): 261 Sedert 1960 is gereelde huurvlugte van die vasteland na ’n vliegveld by Hotellneset gemaak;Tjomsland en Wilsberg (1995): 163 in 1975, is Svalbard Lughawe, Longyear geopen wat dienste deur die jaar aanbied.Tjomsland en Wilsberg (1995):162–164

duimnael|Prins Karls Forland is in 1973 beskerm as Forlandet Nasionale Park