Noord-Masedonië (Masedonies: Северна Македонија, Severna Makedonija, [makɛˈdɔnija]; Albanees: Maqedonia e Veriut), amptelik die Republiek Noord-Masedonië (Masedonies: Република Северна Македонија, Republika Severna Makedonija, ; Albanees: Republika e Maqedonisë së Veriut), is ’n landingeslote republiek op die Balkanskiereiland. Dit is een van die opvolgerstate van Joego-Slawië en het in September 1991 onafhanklik geword. Die land het ’n oppervlakte van 25 713 km² en het in 2024 ’n bevolking van 2 135 622 gehad. Aangrensend is Bulgarye in die ooste, Albanië in die weste, Griekeland in die suide en Serwië en Kosovo in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Skopje.
duimnael|links|’n Nasa-satellietbeeld van Noord-Masedonië duimnael|links|’n Kaart van Noord-Masedonië Tussen September 1991 en Februarie 2019 was dit amptelik bekend as die Republiek Masedonië. Dit het in 1993 lid van die Verenigde Nasies geword, maar vanweë ’n dispuut met Griekeland oor sy naam is dit toegelaat onder die naam die voormalige Joego-Slawiese Republiek Masedonië United Nations, A/RES/47/225 , 8 April 1993 NV-veiligheidsraadsbesluite 817 van 7 April en 845 van 18 Junie 1993, sien UN resolutions made on 1993 (afgekort as FYR Masedonië en FYROM), ’n term wat ook gebruik is deur internasionale organisasies soos die Europese Unie, die Raad van Europa en Navo. Op 12 Junie 2018 het Masedonië en Griekeland permanent ooreengekom om hul dispuut te beëindig, wat daartoe gelei het dat die huidige naam op 12 Februarie 2019 aangeneem is.
Noord-Masedonië bestaan min of meer uit die noordelike derde van die groter geografiese streek Masedonië, wat ook die aangrensende dele van Noord-Griekeland en en Suidwes-Bulgarye insluit. Die land se geografie bestaan hoofsaaklik uit berge, valleie en riviere. Skopje is die tuiste van nagenoeg ’n kwart van die land se inwoners. Die meerderheid is etniese Masedoniërs, ’n Suid-Slawiese volk. Albanese maak ’n aansienlike minderheid (sowat 25 persent) uit, gevolg deur Turke, Roma, Serwiërs en ander.
Die streek se geskiedenis dateer uit die oudheid – dit begin met die koninkryk Paionia, moontlik ’n staat met ’n mengsel van Thraciërs en Illiriërs. In die laat 6de eeu v.C. is die gebied ingelyf by die Achaemenidiese Ryk en in die 4de eeu v.C. geannekseer deur die Koninkryk Masedonië. Die Romeine het dit in die 2de eeu v.C. verower en dit deel gemaak van die veel groter provinsie Masedonië. Die gebied het deel gebly van die Bisantynse Ryk, of Oos-Romeinse Ryk, en is sedert die 6de eeu n.C. dikwels ingeval deur Slawiese volke, wat hulle daar gevestig het.
Ná ’n eeue lange reeks konflikte tussen Bisantium en die Bulgaarse en Serwiese Ryk het dit van die 14de eeu af geleidelik onder Ottomaanse heerskappy gekom. Tussen die laat 19de en vroeë 20ste eeu het ’n unieke Masedoniese identiteit ontstaan, hoewel die moderne streek Masedonië ná die Balkanoorloë van 1912 en 1913 onder Serwiese bewind gekom het. Ná die Eerste Wêreldoorlog van 1914 tot 1918 is dit ingelyf by die Serwies-oorheersde Koninkryk Joego-Slawië, wat in 1963, ná die Tweede Wêreldoorlog, die Sosialistiese Federale Republiek Joego-Slawië geword het. Noord-Masedonië het ’n sosialistiese republiek van Joego-Slawië gebly totdat dit in 1991 vreedsaam afgestig het.
Hoewel Noord-Masedonië een van Europa se armste lande is, het dit groot vooruitgang gemaak in die ontwikkeling van ’n oop, markgebaseerde ekonomie. Noord-Masedonië is ’n unitêre parlemente grondwetlike republiek en ’n lidland van die Verenigde Nasies, NAVO, Raad van Europa, Wêreldbank, OVSE, Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en die Wêreldhandelsorganisasie. Daarbenewens is dit ’n kandidaat vir aansluiting by die Europese Unie.
Etimologie Die land se naam is afgelei van die Griekse Μακεδονία (Makedonía), Μακεδονία, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus Macedonia, Online Etymology Dictionary ’n koninkryk wat na die antieke Masedoniërs genoem is. Hul naam, Μακεδόνες (Makedónes), is weer afgelei van die antieke Griekse byvoeglike naamwoord μακεδνός (makednós), wat "lank" of "spits" beteken. μακεδνός, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus Daar word geglo die naam het óf "hooglanders" óf "die lang mense" beteken, moontlik ’n verwysing na die antieke Masedoniërs. Eugene N. Borza, Makedonika, Regina Books, , bl. 114: The "highlanders" or "Makedones" of the mountainous regions of western Macedonia are derived from northwest Greek stock; they were akin both to those who at an earlier time may have migrated south to become the historical "Dorians". Nigel Guy Wilson, Encyclopedia of Ancient Greece, Routledge, 2009, bl. 439: The latest archaeological findings have confirmed that Macedonia took its name from a tribe of tall, Greek-speaking people, the Makednoi.
Geskiedenis Antieke en Romeinse tydperk duimnael|Ruïnes van die Bisantynse "Klein Basilika" in Heraclea Lyncestis, ’n stad wat in die 4de eeu v.C. deur Philippos II van Masedonië gestig is Die Republiek Noord-Masedonië stem rofweg ooreen met die antieke koninkryk Paionia, wat net noord van die antieke koninkryk Masedonië geleë was. Strabo, Geography, Book 7, Frg. 4:
In die laat 6de eeu v.C. het die Achaemenidiese Perse onder Dareios die Grote Paionia verower en dit wat vandag Noord-Masedonië is, by sy uitgebreide gebied ingelyf. Nadat hulle in 479 v.C. in die Tweede Persiese Inval in Griekeland teen die Grieke verloor het, het die Perse eindelik uit hul Europese gebiede onttrek, insluitende uit wat vandag Noord-Masedonië is.
In 356 v.C. het Philippos II van Masedonië die streke van Bo-Masedonië Warfare in the ancient world: from the Bronze Age to the fall of Rome. Deur Stefan G. Chrissanthos, bl. 75 en die suidelike deel van Paionia in die Koninkryk Masedonië opgeneem. Philippos se seun Alexander die Grote het die oorblywende deel van die streek verower en dit by sy ryk ingesluit.
Die Romeine het in 146 v.C. die provinsie Masedonië gestig. Hoewel Grieks die belangrikste taal in die oostelike deel van die Romeinse Ryk gebly het, het Latyn in ’n mate in Masedonië versprei. A. F. Christidis, A History of Ancient Greek: From the Beginnings to Late Antiquity, Cambridge University Press, 2007, bl. 351
Middeleeuse en Ottomaanse tydperk duimnael|Die kerk van St Clement en St. Panteleimon in Ohrid duimnael|Marko-klooster in Markova Susica Slawiese volke het hulle in die 6de eeu n.C. in die Balkanstreek, insluitende Noord-Masedonië, gevestig. Bisantynse geskrifte getuig van hoe Slawiërs in die 580's Bisantynse gebiede in die streek Masedonië geplunder het, later met die hulp van Proto-Bulgare. Volgens historiese rekords het ’n groep Proto-Bulgare, Slawiërs en Bisantyne onder ’n Proto-Bulgaar met die naam Koeber omstreeks 680 in die omgewing van die Keramisiese Vlakte, met die stad Bitola as middelpunt, gaan woon. "Acta Sancti Demetrii", V 195–207, Гръцки извори за българската история, 3, стр. 159–166 Presian I van Bulgarye se bewind stem oënskynlik ooreen met die uitbreiding van Bulgaarse beheer oor die Slawiese stamme in en om Masedonië. Die Slawiese volke wat hulle in die streek Masedonië gevestig het, het hulle omstreeks die 9de eeu tydens die bewind van tsaar Boris I van Bulgarye tot die Christelike geloof bekeer.
Aan die einde van die 10de eeu het die streek wat nou die Republiek Noord-Masedonië is, die politieke en kulturele sentrum van die Eerste Bulgaarse Ryk van tsaar Samuel geword, terwyl die Bisantyne keiser Basilius II in 972 oor die oostelike deel van die ryk (wat nou Bulgarye is) begin heers het; dit sluit die destydse hoofstad, Preslav, in. Ohrid het die nuwe hoofstad geword, asook die setel van die Bulgaarse Patriargaat. Van toe af het die Bulgaarse model ’n integrale deel van die Slawiese kultuur as ’n geheel geword. Ná verskeie dekades van feitlik onophoudelike gevegte het Bulgarye in 1018 onder Bisantynse bewind gekom. Die hele Noord-Masedonië is as die provinsie Bulgarye in die Bisantynse Ryk ingelyf en die Bulgaarse Patriargaat is in rang verlaag tot ’n aartsbisdom.
In die 13de en 14de eeu is Bisantynse heerskappy onderbreek deur tydperke van Bulgaarse en Serwiese bewind. Konstantin Asen, ’n voormalige adellike van Skopje, het byvoorbeeld van 1257 tot 1277 as tsaar van Bulgarye geheers. Later het Skopje onder Stefan Dušan die hoofstad van die Serwiese Ryk geword. Ná die ontbinding van die ryk het die streek ’n gebied geword van onafhanklike plaaslike heersers van die Serwiese adellike huise van Mrnjavčević en Dragaš. Die gebied van die huis van Mrnjavčević het westelike dele van die huidige Republiek Noord-Masedonië ingesluit en die gebiede van die huis van Dragaš oostelike dele. Die eerste huis se hoofstad was Prilep en dit het net twee heersers gehad: koning Vukašin Mrnjavčević en sy seun, koning Marko. Laasgenoemde het ’n leenheer van die Ottomaanse Ryk geword.
Die Ottomaanse Ryk het geleidelik die hele sentrale Balkangebied verower en die streek het vyf eeue lank onder hul heerskappy gebly.
Masedoniese nasionalisme duimnael|upright|Nikola Karev, president van die Republiek Kruševo tydens die Ilinden-opstand teen die Ottomaanse Ryk Met die aanvang van die Bulgaarse nasionalistiese oplewing in die 18de eeu was baie van die hervormers van hierdie streek. Die bisdomme van Skopje, Debar, Bitola, Ohrid, Veles en Strumica het gestem om by die Bulgaarse Eksargaat aan te sluit nadat dit in 1870 gestig is. Gawrych, George Walter (2006). The Crescent and the Eagle: Ottoman Rule, Islam and the Albanians, 1874–1913. I.B.Tauris. bl. 28. .
Verskeie bewegings wat hulle beywer het vir die stigting van ’n outonome Masedonië, wat die hele streek Masedonië sou insluit, het in die laat 19de eeu ontstaan; die eerste een was die Masedoniese Revolusionêre Organisasie, wat later die Geheime Masedonies-Adrianopolis- Revolusionêre Organisasie (GMARO) geword het. In 1905 is dit hernoem tot die Interne Masedonies-Adrianopolis- Revolusionêre Organisasie (IMARO), en ná die Eerste Wêreldoorlog het die organisasie verdeel in die Interne Masedoniese Revolusionêre Organisasie (IMRO) en die Interne Thraciese Revolusionêre Organisasie (ITRO).
In die vroeë jare van die organisasie is net Bulgare as lede toegelaat, maar later kon enige inwoner van Europese Turkye aansluit, "ongeag hul nasionaliteit of godsdiens". Die meeste lede was egter Masedoniese Bulgare. In 1903 het die IMRO die Ilinden-Preobrazjenije-opstand teen die Ottomane gereël. Ná ’n paar aanvanklikse suksesse, onder meer die stigting van die Republiek Kruševo, is dit "met groot lewensverlies" onderdruk. Who are the Macedonians? Hugh Poulton, C. Hurst & Co. Publishers, 1995, , bl. 57. Die opstand en die stigting van die Republiek Kruševo word beskou as die hoekstene en voorlopers van die eindelike staat Masedonië. "We, the People: Politics of National Peculiarity in Southeastern Europe" Diana Mishkova, Central European University Press, 2009, , bl. 124. Historical Dictionary of Macedonia, Historical Dictionaries of Europe, Dimitar Bechev, Scarecrow Press, 2009, , Inleiding.
1912–1944 duimnael|links|’n Kaart van Vardar Banovina, ’n provinsie van die Koninkryk Joego-Slawië (1929–1941) Die streek is tydens die Eerste Balkanoorlog deur Serwië geannekseer. Dit het geen administratiewe outonomiteit gehad nie en is Južna Srbija ("Suid-Serwië") of Stara Srbija ("Ou Serwië") genoem. ’n Anti-Bulgaarse veldtog is gevoer in die gebied; tot 641 Bulgaarse skole en 761 kerke is toegemaak, en geestelikes en onderwysers is verban. Die gebruik van Bulgaars (insluitende Masedoniese dialekte) is verbied.