Die Forum vir Demokrasie (Nederlands: Forum voor Democratie, FVD) is 'n Nederlandse radikaal-regse, populistiese politieke party wat deur Thierry Baudet gelei word.Waarom trokken Baudets partijgenoten niet veel eerder een grens?. Trouw, 27 November 2020. Matthijs Rooduijn, De ideologie van Forum voor Democratie. Stuk Rood Vlees, 21 Maart 2019''.

Die FVD is in 2015 gestig deur Thierry Baudet as konserwatiewe dinktenk en het 'n aktiewe rol gespeel tydens die volksraadpleging oor die venootskapooreenkoms tussen die Europese Unie en die Oekraïne.Het Oekraïne-referendum. Nationaal Referendum Onderzoek 2016, bladsy 45. In 2016 het die FVD 'n politieke party geword.Beweging achter Oekraïne-referendum wil de Kamer in. NOS.nl, 25 September 2016. By die verkiesing van die Tweede Kamer in 2017 het dit twee setels verower. Tydens die verkiesingsveldtog van 2021 het die FVD die party voorgehou as 'n koronaskeptiese party.Thierry Baudet vermoedt groter plan achter coronacrisis: ‘Of we worden geregeerd door totale imbecielen’. Tubantia, 9 Maart 2021. Die party het agt setels in die verkiesings van 2021 gewen, waarvan slegs vyf oor was. In die verkiesings op 22 November 2023 het FVD drie setels behaal en in die verkiesings op 29 Oktober 2025 7 setels.

Aanvanklik was die FVD as 'n gematigde alternatief vir Geert Wilders se Party vir die Vryheid beskou.Arend-Jan Boekestijn, Moet je radicalen uitsluiten of doodknuffelen?. NPO Radio 1, 13 Februarie 2020. Tydens die provinsiale verkiesings in 2019 het die FVD die grootste party geword, wat in twaalf setels in die Eerste Kamer behaal.De nieuwe politieke kaart van Nederland: versnippering in beeld. NOS.nl, 23 Maart 2019. Sedertdien het die party geradikaliseer en het die party en sy leier Thierry Baudet gereeld baie kritiek gekry weens rassistiese, antisemitiese en homofobiese opmerkings.FVD-jongeren ‘fascistisch’ en ‘antisemitisch’ in appgroepen. HP/De Tijd, 28 April 2020. Dit het tot verskeie afsplitsings gelei: Groep Otten (GO) in Julie 2019 (3 setels in EK, later 2 setels in EK en 1 setel oorgegaan naar EP),Otten verwacht dat meer FvD'ers zich bij hem aansluiten. NOS.nl, 19 Augustus 2019. Groep Nanninga (7 setels in EK) en JA21 (3 setels in EP) in Desember 2020,Eerdmans' JA21 krijgt in één klap drie zetels in Europees Parlement. RTV Rijnmond, 20 Desember 2020. Groep Van Haga (later BVNL) in Mei 2021 (3 setels in TK) Nieuwe partij Van Haga gaat Belang van Nederland heten. Het Parool, 2 Julie 2021. en Groep Frentrop in Maart 2022 (2 setels in EK).Hiddema, Frentrop weg bij FvD om afwezigheid bij speech Zelensky. NOS, 30 Maart 2022. Marcel de Graaff het in Januarie 2022 van die PVV by die FVD aangesluit (1 setel in EP).

Verwysings

Bronne Forum voor Democratie (FVD), Parlement.com Forum voor Democratie (FVD), DNPP

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Politieke partye in Nederland